Goeie dag,

Ek praat Afrikaans, en is van Suid Afrika (Johannesburg) afkomstig. Ek kan Nederlands goed genoeg verstaan om saam te praat, ek wonder of julle my kan verstaan? Ek gebruik 'n groot formaat kamera (Linhof Technika V) wat ek vir goedkoop hier kon koop omdat alle professionele mos oorgeslaan het digitaal toe.

My gallery is by: http://philosomatographer.deviantart.com/gallery/

Een van my beste grootformaat fotos sover is hierdie een:


(Ilford HP5 gedruk tot ISO1600, 1950s Schneider Symmar 150mm teen f/5.6, handgedruk in die donkerkamer op Ilford 12x16in Multigraad papier)

groete!
Dawid